As ’n mens eers jou tone in die sand van die spierwit strande gewikkel, in die warm waters van die Indiese Oseaan gaan swem, aan vars vis en kreef weggelê en ’n yskoue Laurentina Preta afgesluk het, kan jy nie vinnig genoeg terugkom Mosambiek toe nie. Ek, my vrou, Mardene, en ons kinders, Lané (15), Du Toit (9) en Nuelle (5) was al een keer vantevore hier, maar met ons laaste besoek, in Julie vanjaar, het ons vir die eerste keer gekamp in ons Jurgens Xplorer. Dit was ’n ongelooflike ervaring.
Waar het julle gekamp?
“Ons het 15 nagte by die gewilde Morrungulo-strandoord, 150 km noord van Inhambane, gaan uitspan. Dit is sowat 650 km van die Giriyondo-grenspos af. Hier kamp jy in die skadu van welige koeltebome langs die…
