Anderdag kamp ons by Dube, en terwyl ek onder ons stoeptent sit, bewonder ek al die woonwaens wat ander kampeerders verby ons staanplek sleep.
’n Mens sien alle soorte, kleure en groottes – van ouer waens tot die heel nuutste modelle op die mark.
Dis toe dat ek weer aan ons “ou” Ci Sprite dink. Ja, dit is seker lekker om met ’n mooi nuwe en groot wa te kamp, maar daar is nog kampeerders soos ons wat vasklou aan ons stokou sleephuis.
Ek wonder wie nog met sulke ou woonwaens kamp, want ons Sprite het reeds 33 jaar agter die blad en draf nog gereeld saam.
Dalk kan ander WegSleep- lesers vir ons vertel van hulle ou waens waarmee hulle kamp en vir ons ’n foto wys.…