JAN SE WENBROODJIE
Jy benodig
(genoeg vir 6 braaibroodjies)
12 snytjies witbrood
250 g spek, fyngekap
1 middelslag-ui, fyngekap
1 klein rooi soetrissie, fyngekap
2 rooi rissies, ontpit en fyngekap
1 eetlepel heuning
125 g sampioene, gekap
4 agurkies, in skywe gesny
2 eetlepels worcestersous
suurlemoenpeper na smaak
olyflolie
2 eetlepels sampioensous
1 eetlepel uiemarmelade
1-2 fetakaaswiele, gekrummel
6 olywe, in skyfies gesny
Só maak jy
1 Braai die ui en sampioen, voeg dan die spekstukkies by en braai alles saam tot die spek gaar is.
2 Voeg die rissies, worcestersous, suurlemoenpeper, heuning en uiemarmelade by en braai alles goed saam.
3 Smeer die brood met die sampioensous en maak toebroodjies met die spekmengsel, agurkies, fetakaas en olywe.
4 Braai die broodjies stadig oor matige kole en draai hulle gereeld…
