My ouers, Frieda en Gert Meyer (foto), kamp die afgelope 15 jaar elke jaar vir minstens drie maande in die Scottburghwoonwapark. Ongelukkig is my pa in Junie vanjaar skielik in die woonwapark oorlede.
Toe J.P. Nel, die bestuurder, van ons tragedie verneem, het hy meer as net ondersteuning gegee. Niks was te veel gevra nie en hy het hand bygesit in die moeilike tye. Dit was gedurende die vakansietyd, en soos dit gaan, is die oord besig, maar J.P. en sy span mense het ons nietemin bygestaan en sonder skroom ondersteun.
Die personeel van die Scottburgh-woonwapark is ’n span duisend, en as jy hier kamp, is jy deel van ’n groter familie. Baie dankie.…