Die boswavervaardiger GT Camper het 2016 afgesluit deur ’n toer van 40 000 km in 15 dae deur die Vrystaat, Oos-Kaap en Wes-Kaap aan te durf.
GT Camper se Elmien Fitchet vertel hulle het die GT Spider-boswa aan ’n Nissan NP300 gehaak en oor Generaalskop, die Drakensberg, Outeniquaberg en deur die Kammanassievallei gesleep. Hulle het elke aand by ’n ander kampplek oornag en onder meer by Glen Reenen in Golden Gate, die Kamdeboo- nasionale park, Forever Plettenbergbaai, Buffelskop, Victoriabaai, Dibiki en Hartenbos gekamp.
“Dit was ’n wonderlike ervaring,” sê Elmien. “Ons het mense van heinde en ver ontmoet, uitstaande kampplekke besoek en heelwat kampinspirasie gekry by die kampeerders met wie ons paaie gekruis het. Die GT Spider se hardevloerkonsep wat vinnig op- en afslaan, het ook die oog getref en…
