Vandag het ons ’n klomp woorde wat tot baie onlangs toe met niks anders nie as leë vraagteken-oë begroet sou word. Woorde soos “Brexit”, “Nkandla”, “Gupta”, “beurtkrag” en “selfie” sou skaars tien jaar gelede geen sin gemaak het nie. Ook die Amerikaanse president, Donald Trump, is iets wat niemand tien jaar terug sou kon verstaan nie, maar kom ons laat dit liewer daar...
Dieselfde geld vir al daai apps op jou slimfoon. As jy tien jaar terug vir iemand gesê het jy het iets op Twitter, Facebook, Whatsapp of Instagram gesien, sou daardie persoon dalk kon dink jy is van lotjie getik.
Maar dis hoe die lewe nou is, en met die wêreld wat elke dag verander en nuwe tegnologie wat die heeltyd die lig sien, moet jy omtrent swem…
