Blikkieslaai
In ’n japtrap
Jy kan die slaaisous maak voor julle vertrek en by die kampplek net by die res van die bestanddele gooi.
Jy benodig (genoeg vir 4-6)
• 1 blikkie (400 g) soetmielies, gedreineer• 1 blikkie (400 g) niertjiebone, gedreineer• 1 blikkie (400 g) cannellinibone, gedreineer• 1 blikkie (400 g) borlottibone, gedreineer• 125 g kersietamaties, afgespoel onder lopende water en middeldeur gesny• 1 komkommer, in repies gesny• ’n hand vol pietersielie, fyngekap VIR DIE SLAAISOUS • 1 eetlepel heelkorrelmosterd• 1 eetlepel witwynasyn• 1 teelepel heuning• ½ koppie olyfolie• sout en swartpeper Só maak jy 1 Maak die slaaisous deur die heelkorrelmosterd, witwynasyn en heuning in ’n bakkie saam te klits. Gooi die olyfolie by terwyl jy die heeltyd klits. Geur dit met sout en peper.
2 Meng die soetmielies, al die bone, kersietamaties, komkommer en pietersielie saam.…
