– Boknesstrand, Oos-Kaap –
Dis laatmiddag, die son wil-wil sak en ons lywe is safari-moeg ná Koffiebaai en Hole-in-the-Wall. Dis tyd om rusplek te soek vir die nag. Boesmansrivier, Kenton-on-Sea… Wat lewer die tabletsoektog op? “Boknes!?” kom dit van die agtersitplek af. Ons laat die N2 agter en mik see se kant toe.
Boknesstrand lê omtrent halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, ongeveer 20km suidoos van Alexandria, op die R72, aan die monding van die Boknesrivier. Volgens oorlewering is “Boknes” afgelei van die Khoekhoenwoord wat “Vadersriviertjie” beteken. Huise, meestal vakansiewonings waar die gordyne diggetrek is, staan rustig en wag vir seisoentyd. Perlemoen-, Mossel-en Melkhoutstraat kronkel deur grasgroen duineveld tot by die parkeerterrein, ingewig tussen die hoofstrand en die riviermonding.
Naatloos, uitgestrek, lê die breë strand voor ons. So wyd soos…