Omdat Barrydale relatief misdaadvry en kompak is (met nie veel plek vir uitbreiding nie), verkoop die huise vinnig met die vraag wat steeds groter bly as die aanbod. Dit is ook waarom daar tans min eiendomme onder R2 miljoen beskikbaar is. Ons wys drie gunstelinge wat tans te koop is by Ruth Goodman van Dormehl Phalaneeiendomme.
dpgprop.co.za(tik“Barrydale”bydie soekbalkieboregsin)
081 777 4185
R2,459 miljoen
Dié gerestoureerde ou Nagmaalhuisie van 200 m2 is in 1898 gebou en spog met 2 groot leefruimtes, 1 kombuis, 3slaapkamers,1badkamer,1studeerkamer,1 motorhuis en 2 motorafdakke, lugreëling, blindings en ’n alarmstelsel.
R3 miljoen
Hierdie Karoostyl-platdak op ’n erf van 3 000m2 het volle besigheidregte en bestaan tans uit verskeie dele: ’n groot stoep; ’n groot, oop galery-restaurantruimte met 2 toilette onder en ’n groot, oop kantoorruimte en balkon bo;…
