GROOTBOS, Overberg
’n Monument vir plante
’n Kwarteeu al beskerm, bewaar en rehabiliteer die span van die Grootbos-private natuurreservaat die inheemse plantegroei van die Kaapse Blommeryk aan die Overbergse kus. Nou is ’n wêreldklas florilegium*, die eerste in Afrika, en die eerste botanie-kunsmuseum in die Suidelike Halfrond hier bekend gestel.
Die Grootbos-reservaat met sy meer as 900 fynbosspesies is een van die mees biodiverse biome ter wêreld. “Ons bly moontlik in een van die mooiste blommeryke op die planeet,” sê Michael Lutzeyer, medeeienaar van Grootbos. “Ons wou dit graag met die wêreld deel en mense opgewonde maak oor bewaring, en daarom het ons kunstenaars genader om die blomme te skilder.”
Altesame 44 van die beste botaniekunstenaars van reg oor die wêreld – Brittanje, Suid-Korea, Japan, Italië, Duitsland, Brasilië,Nederland, die VSA…
