'Haai! Sjô, môre gaan besig wees,” lui ’n boodskap van Tori Stowe. “Ons gaan inloer by ’n groep ‘Haai! Amerikaanse vrywil-ligers wat die heining by ’n crèche in Nolukhanyo herstel. Die Rotariërklub van Port Alfred ontmoet my by die galery om tuingereedskap vir die kli-niek te skenk, en dan gaan ons ’n paar private tuine in die township besoek. En laastens… huis toe vir koffie!”
Dít is ’n “normale” dag vir Tori. Soms moet sy ook nog die 40km ry tussen Bathurst en Makhanda, waar haar seun, Noah (13), skoolgaan, en tussen-deur hou sy ’n ogie oor haar enorme groentetuin, 64 hoenders, 4 honde. Én dan het sy sowaar ook ’n “regte werk”.
“Ek is ’n voltydse vryskutkunstenaar, wat beteken ek dóén nie net my werk nie – ek moet…
