Die Hexriviervallei is bekend vir die skouspelagtige herfskleure van die wingerde, maar, sê Danie Palm, self ’n Valleier en plantliefhebber, die groot verskeidenheid en pragtige inheemse plantegroei is ewe besonders.
Om dié rede het hy begin bou aan ’n aanlynplatform waar hy die Hex se inheemse plantegroei dokumenteer met behulp van foto’s, ’n beskrywing van die plant en die ligging. “Dit is ’n reusetaak,” sê Danie, wat die webwerf self gebou en reeds 113 spesies opgelaai het.
Die vallei bestaan hoofsaaklik uit fynbos-, renosterveld- en karoo-plantegroei, maar altesame nege kleiner plantegroeitipes vloei ineen in die valleivloer, klowe, rotshange en koppies.
“Ons probeer soveel moontlik spesies versamel – met foto’s – en identifiseer en dokumenteer dit dan,” sê Danie. Juis daarom kan enigeen bydra tot die projek deur die iNaturalist-app af…
