Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar laat ’n mens tog gevoel nostalgies hunker na ’n verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ’n afstandelikheid, ’n gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.
Iewers, êrens bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke. Dit is ’n goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele. Elke skildery word vergesel van ’n skryfstuk deur ’n bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ’n beskrywing of tegniese ontleding van…