Tien jaar al deel die 5 000 lede van Fynbos People hulle liefde vir die natuur, stap en veral fynbos. Maja Palm gesels met Tessa Oliver*, een van die administrateurs.
Sewejaartjies, swawelbos, die pragtige pers rooiwortel en geel blombiesie… Nog voordat jy jou eerste koppie koffie van die dag klaar gedrink het, het jy jou verlustig aan al dié inheemse blomme. Jy het ook sommer ’n draai gestap deur die Fernkloof-natuurreservaat, die Elgin-vallei, Boggomsbaai, die Bontebokpark en Kaappunt-natuurreservaat.
Wat maak die groep so suksesvol?
Al die plasings op die groep móét fynbosverwant wees. Dus weet ons lede hulle gaan op dié blad slegs mooi foto’s, interessante vrae, plantidentifikasies en besprekings van die fynbosbioom geniet. Dit is ’n uiteenlopende groep – stappers, tuiniers, ekoloë, botaniste, mense wat hou van mooi natuurfoto’s.…
