In ’n laagte digby Gifberg, net onder die verligte kruis wat neffens die N7 waghou oor die Knersvlakte, lê Vanrhynsdorp. Deur die week dreun duisende motors en vragmotors verby dié sluimerende dorpie. Sommige draai in om tenk vol te maak of na Nieuwoudtville of Calvinia te mik, maar die meeste reisigers stoot net aan om by hulle bestemming uit te kom: Na die noorde toe wag Nuwerus, Garies, Kamieskroon… dan Springbok en anderland: Namibië. Suid is dit Klawer toe, gevolg deur Clanwilliam, Citrusdal, Piketberg, Malmesbury en die Kaap.
Wat gebeur op Sondag 27 September 2020 op Vanrhynsdorp?
Reg geraai: Nie veel nie. Natuurlik staan ’n paar lorriebestuurders en bene rek by die Shell-garage reg langs die hoofpad. Karre, baie van hulle met ’n woon- of boswa aan die haak –…