‘Is daar in Suid-Afrika nog enigiemand oor wat nié hulle eie gin maak nie?” spot ’n vriendin wat uit Londen kom kuier, totaal uit die veld geslaan oor die swetterjoel plaaslike jenewers wat sedert haar vorige besoek op die drankwinkelrakke flikflooi. Elke bottel met die hand en met liefde, sorg en trots gemaak. Eksklusief.
Presiés die soort drinkgoed waarin die boetiekstokery Incendo op ’n netjiese meer-plaas-as-plot in Rietfontein, Hartbeespoort, spesialiseer. Hier maak ’n jong egpaar sedert 2018 jenewer, rum en likeur vir hulle eie handelsmerke, en toenemend ook vir ander entrepreneurs. Van dag een af ryg hulle die pryse in, soos by die Michelangelo-wyn-en-spiritualieëtoekennings verlede jaar.
Francois Joubert, die “meesterbrein” agter die stokery, is in 2010 getroud met Vonmari, ’n grafiese en digitale ontwerper en fotograaf wat vir Incendo se…