Sommer met die intrapslag by die Harkerville-mark kry die afguns jou aan die keelvelle beet: Hoekom, kerm jy in jou binneste, is die inwoners van Knysna, Plet en omstreke so gelukkig om Saterdae hulle weeklikse inkopies hier te kan doen, amper net soos in Europa?
Salig in die buitelug onder ’n staning koeltebome. De laaste ding neutvars, plaaslik en meestal organies. Groente en vrugte, byna alles in die omgewing gekweek. Kaas en jogurt. Plaaseiers. Vleis. Heuning. Blomme. Plante. Brood van Knysna se befaamde Île de païn…
As die Harkerville-mark ’n winkel was, sou jy dit maklik ’n “eenstopsupermark” kon noem, want aanvanklik voel dit soos ’n kruising tussen ’n boeremark en ’n kosmark, maar dan gewaar jy ook die tweede afdeling met handwerk, kuns, klere, juweliersware, speelgoed, houtwerk, bedlinne, handsakke,…