‘Genade – alles suiwer genade,” sê Ona Enslin oor die feit dat sy en die vroue wat vir haar werk, 500-550 kg meel per maand deurwerk om vir Tuiskoop én ’n restaurant op Dullstroom pasteie te bak.
Met dié inkomste het sy nie net hulle eie kinders deur skool en universiteit gekry nie, maar ook haar huishulp Tryphina Mtambo se kleinseun Piet, wat nou ’n onderwyser is.
Boonop begin en eindig die bakwerk nie met die gesogte beesvleis-, maalvleis-en-groente-, hoender-ensjerrie-, pepersteak-, ham-en-kaas-, wilds-, skaap- en bobotiepasteie wat hulle van Maandae tot Donderdae hier op die plaas ’n klipgooi buite Chrissiesmeer optower nie. Hulle bak ook verskillende soorte beskuit, kleinkoekies, groot koeke, plaatkoeke, konfyttertjies en -blokkies, quiche, appel-en-pynappeltertjies, kaas-enuiekoekies, vrugteblokkies, hoenderen beesvleisrolletjies, groot en klein potdekseltjies, kolwyntjies... Verder kook hulle self…
