WES-KAAP
FynArts-fees, Hermanus 10-19 Junie 2016
Is jy mal oor beeldende kuns, musiek, letterkunde, kos en wyn? Dan durf jy nie die magdom werksessies, praatjies, optredes, konserte, rolprente, kunstentoonstellings, demonstrasies, eet- en drinkgoed en plesierighede vir die kleingoed mis-loop nie... Kaartjies is te koop by webtickets.co.za
Kontak hermanusfynarts.co.za Hermanus Fynarts
OOS-KAAP
Sitrusfees, Patensie 11 Junie 2016
Unieke Suid-Afrikaanse tuis- en handgemaakte produkte, ’n bier- en teetuin, kosstalletjies, ’n vrugte-en-groentemark, landbouskou, sitrusboord-toere, springkastele, bergfietsresies, selfs rugby... die mense van die Gamtoosvallei is reg om behoorlik te fuif!
Tyd? 09:00 tot laat.
Prys R40 p.p. (R10 vir kinders).
Kontak citrusfestival.co.za 083 556 3206
MPUMALANGA
Arts & Crafts Ramble, Wakkerstroom 16-19 Junie 2016
Gaan kuier vir die naweek op dié sjarmante dorpie, drie uur per motor van Johannesburg en Pretoria af, en woon…
