INSTALENS
Omskep jou selfoon in ’n pro-kamera deur ’n afhaalbare lens te gebruik. Daar is baie lense daar buite, maar ons hou van instaLens, ’n plaaslike Kaapse maatskappy wat deur twee jong entrepeneurs, Trent Pike en Georgie Greville, gestig is.
Ons is nie die enigste mense wat van hierdie lense hou nie – Trent en Georgie het al meer as 20 000 lense verkoop in die jaar sedert hulle by naweekmarkte in die Moederstad begin het. Sedertdien het hulle ook uitgebrei na Australië en die Verenigde Koninkryk.
Daar is vyf lense in hulle reeks, en elkeen heg magneties vas aan ’n taai metaalring wat jy rondom jou foonkamera vassit. Kies tussen ’n makrolens, ’n visooglens, ’n polariseerder, ’n 235 grade- panoramiese lens of ’n telefotolens wat 5x-vergroting bied. Daar is…
