As ’n lekker projek soos Weg se Namibiëgids op jou lessenaar beland, gryp jy dit aan of jou omstandighede (twee kinders jonger as ses!) en hooigelaaide vurk dit toelaat of nie. Ek was al ’n paar keer in Namibië, maar het dié twee gidse saamgestel sonder om weer die land te besoek! Dis skandelik, maar dankie tog vir die hulp van Weg se joernaliste, vryskutskrywers en-fotograwe, lesers en Namibiërs.Toe dit tyd raak om dié gids te beplan, besluit ek, basta, vanjaar gaan ek self!
Ouma en Oupa kry die nodige lysies vir die kinders en verlede jaar was ek toe sommer twéé keer in Namibië. In Junie stap ek en my man, Tobie, die Visrivierroete saam met vriende en in November besoek ek en Weg se fotoredakteur Shelley Christians, wat…
