Nes die diamante van die Skedelkus, is Ietsiemeer ook ’n rare vonds. Ietsiemeer is ’n ruim, stylvolle, gemaklike en gesellige huis wat ook die natuurskoon van die Atlantiese Oseaan en Namib-woestyn beklemtoon. Die hart van Ietsiemeer is groot leefvertrek in ’n pavilion-styl, met ’n onbelemmerde uitsig oor die strand en Atlantiese Oseaan.
Die buitengewone leefvertrek met ’n stranddek het ‘n moderne kombuis met groot houttafels en diep, gemaklike banke, wat roep vir samekoms vir kosmaak en kuier.
Ietsiemeer het tien slaapkamers waarvan ses en suite-dubbelkamers is wat op die strand uitkyk, en vier en suitedubbelkamers wat uitstap op ’n beskutte binnehof.
Die groot binnehof met ’n braaidek en grasperk bied beskerming teen die onvoorspelbare Skedelkus-weer. Selfs vanuit die binnehof is daar ’n wye uitsig oor die Atlantiese Oseaan, met die…