ONS VOORBLADSTER
Lamstjoppies met roomkaas en sondroogtamaties
Vir 4 | Voorbereityd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute
8 lamslendetjoppies
1 eetlepel gemaalde koljander sout, na smaak soutpeper, na smaak
250 ml roomkaas
10 sondroogtamaties, gekap hand vol pietersielie, gekap
1 Vryf die lamstjoppies in met koljander, sout en swartpeper.
2 Meng die roomkaas, sondroogtamatie en pietersielie saam, stop die tjop daarmee en vou die vet oor. Gebruik ‘n sosatiestokkie om die vet vas te steek.
3 Braai oor matige kole tot die vet uitgebraai en die vleis gaar is volgens jou smaak. Laat rus vir ’n paar minute voordat jy dit voorsit.
Spekbraaibroodjies
Vir 4 | Voorbereidingstyd 10 minute Gaarmaaktyd 10 minute
8 snye witbrood
botter, na smaak
1-2 tamaties, in dun skyfies
½ rooiui, in dun skyfies
’n hand vol…
