“O plass in haar vyftigerjare, het sy begin verstaan wat ‘al die pad’ beteken, en dat dit soms niks met tienerseks te doen het nie. Dis ’n pad wat jy soos ’n pelgrim aflê terwyl jy jou verliese verwerk. Die verlies van ’n huwelik en ’n lewensmaat, van ’n prentjie van persoonlike geluk wat jy gereken het jou beskore is, later ook die verlies van professionele ambisies en politieke illusies, en uiteindelik kom jy by ’n soort aanvaarding uit.”
Dis die gedagtes van Theresa, die hoofkarakter in Marita van der Vyver se jongste roman, Grensgeval, wat pas herinnerings aan die Grensoorlog laat herleef het.
Verlies is een van die deurlopende temas in Marita se volwasse romans. “Ek het nog nie regtig aan deurlopende temas in my romans gedink nie, maar…
