Charl-Johan Lingenfelder is die musikale regisseur van die Fugardteater in Kaapstad en het al in Parys, San Francisco, New York, Hongkong, Athene, Nieu-Seeland, China, Taiwan en Indonesië as komponis, musikale regisseur en skrywer gewerk, maar dis die fliek Kanarie, oor sy lewe as jong man in die weermag, wat die meeste lof ontlok.
Charl-Johan is ook verantwoordelik vir die klankbaan van die fliek Griekwastad wat binnekort begin draai en vertolk die hoofrol in die vertoning Cabaret in die Fugartteater.
Sy CV is indrukwekkend. Hy het al saam met teaterghoeroes soos die dramaturge Eve Ensler en Athol Fugard, musikante Vanessa Mae, Sibongile Khumalo en Loyiso Bala en choreograwe Gregory Maqoma en Veronica Paeper gewerk.
Hy is al vir 15 Naledi-en agt Fleur du Cap-toekennings benoem. Hy was die musikale regisseur van…
