Suzette sê Elizabeth Kübler-Ross onderskei tussen verskillende roufases:
1 Skok of doodsheid, waar die persoon totaal oorweldig is en nie die omvang van die situasie kan inneem nie. Dit kan vir waarnemers soos gevoelloosheid lyk. Dit verskil egter, want dit is nie ’n karaktereienskap nie, meer eerder ’n emosionele reaksie.
2 Woede wat intense vyandigheid teenoor die self, ander, die situasie en in baie gevalle God behels. Die persoon kan passief, aggressief of selfs passief-aggressief optree. Dit kan onder meer onderskei word deur onttrekking, om tot die aanval oor te gaan of selfs stilstuipe te toon.
3 Onderhandeling, waar die persoon die situasie op ’n manier probeer beredder deur opofferings te maak, gedrag te openbaar met die hoop dat die situasie kan verander en selfs ’n verdrag met God probeer…