OOS-KAAPSE WYNSKOU
Die vyfde jaarlikse Oos-Kaapse Wynskou vind vanjaar op 29 en 30 November by die Boardwalk-konvensiesentrum in Port Elizabeth plaas. Meer as 40 uitstallers sal 200 wyne te koop aanbied. Landgoedere soos Krone, Valdo, Boschendal, Boekenhoutskloof, Bonnievale, Chamonix, Glen Carlou, Hill & Dale, Neethlingshof, Jordan, Spier, Tokara en Zevenwacht sal verteenwoordig word.
Kaartjies is via www.webtickets.co.za beskikbaar. Besoek www.easterncapewineshow.co.za
MOTORSKOU BY DIE WATERFRONT
Die tweede V&A Waterfront-motorskou word op 16 en 17 November by die Silodistrik gehou. Motors soos Aston Martin, Porsche, Lexus en McLaren sal te siene wees en toegang is gratis. Die naaste parkering is die Silo-parkeerterrein.
Besoek www.waterfront.co.za of bel 021 408 7600
KONSERT BY GLENSHIEL
Glenshiel in Westcliff, Johannesburg, bied op 17 November die Virtuoso Flutekonsert aan. Khanyisile Mthetwa (fluit) wat in 2020 haar Carnegie…
