DIĂ PAARTIE IS GROOT
Die sanger-liedjieskrywer Deon Laubscher, oftewel die blonde reus Deon Groot, se gelyknamige album (Universal) het reeds twee gewilde treffers, Wyn en Sweer, opgelewer en boer geil op verskeie radiostasies se trefferparades.
Dié album verweef vurige romanse en kontreiklanke met smeulende ritmes en snaarkaperjolle. Deon het, hier en daar in samewerking met Louwrens Bezuidenhout, nege van die 11 liedjies op die album geskryf. Dié liedjies spog met daardie kenmerkende Namakwalandse klank, maar met kreunende rockkitare geboender. Die verwerkers, regisseurs en musikante hierop is Jake Odendaal, Thinus Odendaal en Danny Smoke.
Deon se hoofdoel is om waardering vir goeie melodieĂ« en eerlike lirieke te skep, om te vermaak, om jou te laat dans en te laat kuier, om jou te laat gesels en peins. Hy slaag knĂĄp daarin.âŠ
