Vygies (Mesembryanthemums) is so Suid-Afrikaans as kan kom. Hierdie plantjies se naam is afkomstig van hul vrugkapsules wat soos klein vye lyk.
Vygies is deel van ’n allemintige familie met ongeveer 1 800 verskillende spesies, wat in 123 genera verdeel word. Met so ’n groot groep kan jy ’n diverse reeks plante verwag, van vrolike klein eenjariges tot robuuste struike en blomme in amper enige kleur van die reënboog.
Daar is soveel vorms: lae struike, polvormige grondbedekkers en duimgrootte knopies. En die blare! Silindries, plat, tongvormig, rof, glad, getand, kristalagtig of gekarteld. Soms neem die blare omtrent die hele plant op, lyk soos klippies en is in hul natuurlike habitat omtrent onsigbaar.
In so ’n familie kan jy ook baie kleure blomme en groottes van blomme verwag, maar vygies se…
