Dr Wilhelm Schuessler, ’n vooraanstaande 19de eeuse Duitse dokter, het ’n interessante ontdekking gemaak: Hy het bevind as die menslike sel tot as gereduseer word, toon dit duidelike tekens van 12 minerale. Hy het die anorganiese mineraalstowwe waaruit die aarde bestaan as die basiese bestanddele van ons gebeente, bloed, organe en spiere beskou.
Hierdie weefselsoute, wat ook selsoute of biochemiese soute genoem word, moet perfek gebalanseer in ons liggame voorkom as ons blakend gesond wil wees, sê Margaret Roberts in haar boeke Weefselsoute vir heilsaamheid en Weefselsoute vir kinders.
Weefselsout kom in ons kos voor, of behoort in ons kos voor te kom as dit organies in mineraalryke grond gekweek word. Ongelukkig is landbougrond deesdae arm aan minerale en word gewasse met chemiese kunsmis behandel en met gifstowwe bespuit.
DIE…