MARKDAG
Die gewilde Bryanston Organiese Mark in Johannesburg word op Donderdae en Saterdae van 09:00 tot 15:00 gehou. Die klem is op handgemaakte goedere, unieke kuns en fotografie, klere van natuurlike materiale, ’n deli en heerlike organiese ware. Daar is ook lewendige musiek.
Vind meer uit by www.bryanstonorganicmarket.co.za
URBANOLOGI GAAN GROEN
Die restaurant Urbanologi by die Jozi Mad Giant-brouery in 1 Fox Precinct in Ferreirasdorp, Johannesburg, glo aan ekovolhoubaarheid. Project 150 is hul nuwe kulinêre mantra, waar alle bestanddele, behalwe speserye, binne 150 km van die stadsrestaurant verkry word.
“Project 150 laat ons nuut oor boerdery en kos dink,” sê die Urbano logi-sjef, Jack Coetzee, wat aan die hoof van die inisiatief staan.
Hul nuwe spyskaart bestaan uit ses kategorieë wat by die Slow Food-tendens aanklank vind. Verhoudings word met…