Teiken
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege letters wees. Meervoude, verkleinwoorde, eiename, woorde met koppeltekens en uitheemse woorde tel nie. (Die stamwoord vir elke woord is in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek, HAT en/of WAT).
TEIKEN:
12 woorde, goed
16 woorde, baie goed
21 woorde of meer, uitstekend
OPLOSSING: Kwarantyn, kwartyn, kwatryn, wankant, krawat, wynkan, wynrak, karwy, kwart, wraak, kawa, kwar, kwyn, kwyt, twak, twyn, waak, waan, waar, want, wrak.
Woordsoek
Met die Oscars op almal se lippe, moet jy hierdie week 16 bekendes opspoor wat tussen 2010 en 2018 op…
