MOEILIKHEIDSGRAAD: **
BENODIGDHEDE
Enige oorskiet-dubbelbreidraadwol of Elle Pure Gold DK: Blossom (ligpienk), Soft Moss (liggroen), Lavender (persblou), Ruby (donkerrooi), Ivory (room), Parakeet (pienkrooi), Riviera (ligblou) en Spritz (turkoois)
3,5 mm-hekelpen
Bruin oorskietwol of tapisseriewol
Naald om los drade mee weg te werk en om mee te borduur
GROOTTE
Pas agt jaar en ouer kind met kopomtrek van 52–56 cm
AFKORTINGS EN STEEKVERDUIDELIKINGS
beg = begin, dies = dieselfde, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal,kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, vlg = volgende
Pofsteek: 1 Slaan die draad oor die pen en steek die pen in die volgende steek.
2 Slaan die draad oor en trek dit die verlangde lengte van die pofsteek sodat daar…
