VONDELING & FYNBOS
Vondeling Wines, geleë tussen die Paarl en die Swartland, vereer ’n nuwe spesie van Paardeberg-fynbos met ’n naamsverandering vir hul vlagskip- rooi versnit, die Vondeling Monsonia 2015. Die Monsonia-spesie is genoem na Lady Anne Monson, die agterkleinkind van Koning Charles II, wat ’n “merkwaardige botanis” was.
Die Vondeling Monsonia 2015 is ’n versnit van 85% shiraz, 6% mourvédre, 5% grenache noir en 4% carignan. Die wyn is ryk, dieppers met aromas van viooltjies, donker vrugte, rokerige eikehout, naeltjies, neutmuskaat en koljandersaad. Die Vondeling Monsonia 2015 is by die landgoed se proelokaal beskikbaar teen R215 per bottel, asook landwyd by spesialis-drankwinkels.
Vir meer inligting, bel 021 869 8339 of besoek www.vondelingwines.co.za
WYNDAGBOEK
2–3 AUGUSTUS Vrystaatse Wynskou, Bloemfontein
3–5 AUGUSTUS Robertson Slow Food & Wine Festival
16…
