BURGERD BOTHA BLINK!
Burgerd Botha se onafhanklike debuutalbum, Hartlagsiel, is puik! Hy is die uitvoerende regisseur en het die ganse kreatiewe proses met verbluffende professionaliteit behartig.
Hy benut verskeie verwerkers en regisseurs – Christiaan Schutte, Elben Schutte, Stephantasties, Joshua Oosthuizen en Murray Lubbe – om elke snit in uiteenlopende genres in ’n stuk selfstandige werk te slyp.
Dit is ’n reuseproduksie waarby ’n magdom musikante betrokke was: onder andere Mathys Maree, Jacobus Schutte, Denny Lalouette en Vinnie Henrico.
Die eerste drie snitte, As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die sterre (Stephan van Huyssteen), is sterk akoesties-poprockgedrewe en ’n blink toonvenster van Burgerd se innige interpretasie en engelstemvertolking.
Tussen die aangrypende werk is die opbouende identiteitsnit Vreesloos en die romantiese skeppinge, Sonder rame, Sy aan sy, Vat my huis toe en…
