BENODIGDHEDE
Colour Flow (100 g-balle): 2 balle 86383 of kleur van jou keuse
3 mm-hekelpen
Naald om los drade mee weg te werk
GROOTTE
140 cm sonder fraiings, of verlangde lengte
AFKORTINGS EN STEEKVERDUIDELIKINGS
beg = begin, dr = draai,dsl = dubbelslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal,kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, sp = spasie, vlg = volgende
Dubbelslagsteek:
1 Slaan die draad twee maal oor die pen.
2 Steek die pen in die volgende steek.
3 Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vier lusse op die pen is.
4 Slaan die draad oor die pen en trek dit deur twee lusse.
5 Slaan die draad oor die pen en trek dit…
