Die Johannesburg Filharmoniese Orkes, in die omgang bekend as die Johannesburg Philharmonic of die JPO, het sy seisoen vir die tweede kwartaal, of te wel die winterseisoen, aangekondig.
Op vaste voet nadat die Stad Johannesburg besluit het om die JPO vir drie jaar te steun met R10 miljoen per jaar, het die orkes ’n stewige eerste seisoen vanjaar agter die rug en begin nou sy tweede seisoen van vier weke op 30 Mei. Dié seisoen duur tot 21 Junie.
Vier besoekende dirigente tree op: Daniel Boico, Brandon Phillips, Conrad van Alphen en Cathrine Winnes. Die vier soliste is Charl du Plessis (klavier), Alexander Buzlov (tjello), Nikita Boriso-Glebsky (viool) en Spencer Myer (klavier).
Die program vir 30 en 31 Mei begin met Dmitri Sjostakowitsj se Feesouverture, op. 96, gevolg deur George…
