MOEILIKHEIDSGRAAD:
BENODIGDHEDE
Blue Label Picasso DK (100 g): 1 bal in kleur 181 of gemengde kleur van jou keuse
3 mm-hekelpen
Naald met groot oog
GROOTTE
Pas gemiddelde grootte hande
AFKORTINGS EN STEEKVERDUIDELIKINGS
beg = begin, dies = dieselfde, dr = draai, dsl = dubbelslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, sp = spasie, st = steek, tr = trossie, vlg = volgende
TROSSIE
1 Slaan die draad oor die pen en steek dit in die volgende steek.
2 Moenie die steek voltooi nie, sodat daar twee lusse op die pen is.
3 Hekel die volgende steek/steke (soos deur patroon aangedui) op dieselfde wyse.
4 Slaan die draad…
