Is julle geskei sonder om dit werklik te besef? JB Roux vertel meer Jou huwelik is miskien nie wat dit vroeër was nie, maar julle is darem nog nie op pad skeihof toe nie. Of dalk is julle rééds geskei, op ’n manier, sonder om dit regtig te besef: Beraders praat deesdae van ’n “onsigbare egskeiding”.
“’n Onsigbare egskeiding verwys na egpare wat in ’n groef beland het,” sê Kobus van der Merwe, ’n huweliksberader. “Hulle is vir alle praktiese doeleindes geskei, maar bly nog saam. Sulke pare sê dikwels hulle het van mekaar af ‘weggegroei’. Hulle praat nie regtig meer met mekaar nie, raak nie meer aan mekaar nie, doen nie meer dinge saam nie.”
Maar hoe gebeur dit dat ’n egpaar in so ’n groef beland? En is…