In een enkele oomblik het Tracy Todd (49), ’n skrywer en motiveringspreker, alles verloor: die gebruik van haar arms en bene, haar privaatheid, haar onafhanklikheid, haar huis en haar hele gesin.
“My hele lewe het in duie gestort,” vertel sy 20 jaar ná die motorongeluk waarin sy van haar nek af ondertoe verlam is. Die bitterste pil was dat sy toesig oor haar babaseuntjie, Chad, verloor het.
Voor die ongeluk was haar lewe ’n lied. Alles het glad verloop. Trauma en tragedie het sy nie geken nie. Sy was gek oor haar werk as onderwyseres en haar enigste probleem was om genoeg tyd vir al haar sportbedrywighede, soos marathons, tussen haar verpligtinge as ma, eggenoot en beroepsvrou in te ruim.
Die ongeluk het op 13 April 1998 op ’n pad…