Die wêreld kan brutaal wees, en vriendskap is soos ’n koel genade. Daar is baie dinge wat die impak van die harde werklikheid versag. Mozart, ’n boek, ouerliefde, ’n vriendelike woord, ’n hond. En baie meer nog, maar een van die grootste gawes, is vriendskap.
Vriendskap kom onverwags soos die verskyning van ’n engel en bring grasie in ons lewe. Grasie beteken “verniet”, geskenk sonder verwagting van teenprestasie. Dit is iets wat aan ons toeval sonder verdienste, iets in weerwil van ons slegste selwe.
Toe ek student was en aan die begin van ’n nuwe jaar, staan ek vir ’n oomblik onseker in ’n gebou rond waar ek nog nie voorheen klas gehad het nie.
“Wil jy dié klaarmaak? Dis te veel vir my.”
Toe ek omdraai, staan hierdie pragtige…
