Stoor voëlsaad in hierdie herwonne kondensmelkblikkies. Die blikkies word by verskillende winkels in Bloemfontein afgehaal, gewas en met duursame vinielplakkers kry dit ’n nuwe lewe. Dit help die omgewing en skep werk, R50, www.hellopretty.co.za
Tuinstewels (Wellingtons) vanaf R169,99 beskikbaar in verskillende groottes en kleure (blou, groen en pienk), Lifestyle Garden Centre, 011 792 5616
Kweek jou eie kruie en kies uit vele soorte, R79,99 per groeikassie, Lifestyle Garden Centre
Kweek jou eie groente in hierdie klein kweekhuis wat min plek opneem en maklik is om op te slaan. Dit het ’n sterk staalraamwerk met vier rakke waarop jy jou saailinge kan laat groei, R1 323, www.tanyavisser.com
Gee vir voëltjies ’n huis en tooi terselfdertyd jou tuin met hierdie mooi Forest Bird House, R350 van Weylandts, www.weylandts.co.za…