Chicago se Cloud Gate , die tamaai, blink beeldhouwerk van Anish Kapoor, wat byna onmiddellik tot The Bean (of Jelly Bean ) gedoop is, is dié stad se gewildste toeriste-aantreklikheid. Dit is waarskynlik dié beste plek in dié stad om foto’s, of selfies, te neem.
Daar is selfs mense wat meen dié spieëlblink beeldhouwerk is die gewildste kontemporêre kunswerk in die VSA. Condé Nast Traveler het in 2005, toe konstruksiewerk nog aan die gang was, Cloud Gate as een van die sewe nuwe argitektoniese wonders van die wêreld aangewys.
Onlangs het Kapoor (63), die Indies gebore Britse beeldhouer, dié beeld die eerste keer sedert dit in 2006 op Chicago se Millennium Park voltooi is, besoek.
“Dit is emosioneel en vreemd…
