Daar is al baie oor die verband tussen stres en hartsiektes, kanker, beroerte, depressie, angstigheid en dies meer berig. En dit is waar dat te veel stres jou liggaam en gees vergiftig en jou werklik fisiek en geestelik siek maak. Wanneer raak stres toksies en hoe kan ’n mens hierdie bose kringloop stop, veral as jou liggaam en gees reeds skade gely het?
“Ek het nooit besef dat stres so gevaarlik kan wees nie,” vertel Rika* (36).
“Ek werk voldag en het twee kinders. Ek ervaar daagliks werksdruk en het ’n baie moeilike baas. My man is verlede jaar oorlede en as enkelouer is dit nie maklik nie. In die middag moet ek my kinders rondry en tot laataand met huiswerk help. As ek siek voel, moet ek steeds aangaan.…