Dit is ’n groot jaar vir die sangeres Lianie May. Nie net vier sy tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf nie, sy trou ook vanjaar, ná ’n verlowing van sowat tien jaar, met haar geliefde én bestuurder, Barry Lubbe.
Dié twee se pad na die kansel word in Lianie se realiteitsreeks, Met my hele hart: Lianie May se sprokiesverhaal vir die DStv-kanaal Via vasgevang. Die reeks het in September op dié kanaal begin.
Die versugting wat sy in 2008 in haar debuutalbum, Vergeet my nie, uitgespreek het, het ’n realiteit geword: Lianie se bewonderaars kan haar doodgewoon nie vergeet nie. Trouens, hulle soek net nog meer van haar.
Daarom is die kersie op die koek van Lianie se dekade in die bedryf die bekendstelling van haar sesde album, Iemand om…
