Oktober is mos, volgens die digter, die mooiste, mooiste maand. Dit is altyd lekker om vriende in dié tyd vir ’n kuieraandjie oor te nooi. Gelukkig is daar nou drie CD’s met ’n verskeidenheid kunstenaars en die jongste treffers in Afrikaans daarop beskikbaar. Reël daardie partytjie. Die musiek is gereed!
ALTERNATIEWE KLANK
Op Vonk-Musiek se album Herleef beleef word 20 liedjies in die alternatiewe styl byeengebring. Daar is die bekende name in dié genre, soos Jan Blohm, Wouter van de Venter, Abel Kraamsaal, Bacchus Nel, Gert Koevert, Jan Rhaap, Steyn de Wet en Die Tuindwergies.
Dié versameling bevat ook werk van onder andere Daniel Eeuwrick, Moses Metro Man, Groot Oom John Tenoor, Minutes of Mercy, Gladdebaard, Kwaggabees, Herman en Duskant Ombliksem. Tussen die bekender name is die duo Twee, Herman…
