Die trompetgeskal waarmee die Heuwels Fantasties se vyfde album, OKAY! (Super Familias), open, is reeds ’n aanduiding dat jy hier weer na ’n goue album, soos hul voriges, luister.
DHF is nie net die suksesvolste alternatiewe poprockgroep in die land nie. Pierre Greeff (stigterslid, sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler), Hunter Kennedy (stigterslid, liedjieskrywer en baskitaarspeler en ook betrokke by Fokofpolisiekar en aKING), Fred den Hartog (hoofkitaarslaner sedert 2009) en die nuwe toevoeging tot die groep, Sheldon Yoko (tromme) is ook baanbrekers in dié genre.
Sedert 2008 palm hulle Ghoemas, Tempo’s en Samas die een na die ander in met hul albums Die Heuwels Fantasties, Wilder as die wildtuin, Alles wat mal is en Ja.Nee. Lekker. Tussen treffers is Klein tambotieboom, Wens jy was hier, Doen net wat ons wil (saam met…
