Luna Paige, Nick Turner en Jamie Jupiter se ontwikkeling van die RSG-opdrag-kunstefeesproduksie, Korreltjie kantel, is onverbeterlik; ’n eiesoortige musikale prestasie!
Dié drie sonderlinge, maar onverwagse kunstenaars (musikante, sangers én liedjieskrywers), verenig om musikale poësie te skep en ontgin die liefdesverhouding tussen twee ikoniese woordkunstenaars – die digter Ingrid Jonker en die skrywer André P Brink.
Luna, veral bekend om haar folk- enbluesstyl, Nick, ’n rockkunstenaar wat bekendheid as lid van die popgroep Sons of Trout en Mikanic (Afrika-fusie) verwerf het en Jamie, voorheen lid van die glam-rocksensasie The Honeymoon Suites, verruil hul onderskeie gemaksones en ontgin ánder style.
Hulle interpreteer Jonker se gedigte verfrissend vars en verweef dit met die liefdesbriewe wat sy en Brink gewissel het. Die begeestering vir dié projek is geput uit die werke Ontvlugting (1956), Rook &…
