Soms dink ek ons vroue is op die aarde geplaas om skuldig te voel. Wees nou eerlik met jouself, is daar nie op enige gegewe tyd van die dag, en nag indien jy soos ek ’n swak slaper is, een of meer ding waaroor jy skuldig voel nie?
Ek kan aan meer dinge dink waaroor ons skuldig voel as wat daar kalorieë in ’n lemon meringue is. Ons voel skuldig omdat ons ongeduldig met ons kinders is, nie genoeg aandag aan ons geliefdes gee nie, te veel klere koop, te min oefen, te veel TV kyk, nie genoeg doen vir minderbevoorregtes nie, te veel sjokolade eet, te veel skinder, die lys is eindeloos.
En dis maar net die oortjies van die seekoei. Ons skuldgevoelens kry vinniger kleintjies as ’n konyn,…
