MOEILIKHEIDSGRAAD:
BENODIGDHEDE
Oorskiet Vinnis Nikkim 100% katoen DK (50 g-bolle) in kleure van jou keuse 3 mm-hekelpen Naald met groot oog Klein veelkleurige pom-pons en klein bietjie stopsel T akkie-krans met binnedeursnee van ongeveer 28 cm Lint
AFKORTINGS EN STEEKVERDUIDELIKINGS
beg = begin, dies = dieselfde, driesl = drieslagsteek, gp = groep, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal,kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, rdte = rondte, RK = regte kant, sp = spasie, st = steek, tes = tesame, VK = verkeerde kant, vlg = volgende.
SPYKERSTEEK:
1 Steek die pen in steek wat deur die patroon aangedui word.
2 Slaan die draad oor die pen en trek die lang lus na die voorkant toe deur.
3 Voltooi die steek soos gewoonlik. Moenie…
